My Blog List

Wednesday 2 October 2013

My blogging ervaring

Ek wil nie eers daaroor gesels nie.

Ek moet sê, ek was opgewonde toe die doesent vir ons verduidelik dat ons 'n blog moes skep. Ek het op televisie gesien dat celebrities blog en ek het altyd gewonder hoe dit was en wat dit was.

Tot hierdie oomblik wat ek gedwing was om 'n profile op te laai. Dit was die swaarste ervaring om die blog profile oop te maak. Die skepping van die hele blo was darem 'n gedoente. Van 'n tema tot 'n foto en 'n kring. Die oomblik toe die blog geskep was, was ek al op daarvan.

Ek moet erken dat dit pret was om anders se stories te lees, en komentaar te lewer. Sommige skryfstukke was maklik en ander het my 'n klipkop laat voel. Ek is net bly dat dit verby is.

Dit was lekker om te skryf oor iets wat belangrik is vir my en om ander se kinder stories en kook stories te lees en te lag.

Wednesday 25 September 2013

Mense maak altyd baie van klere en skoene, die uiterlike figuur, dat hulle soms vergeet van die innerlike persoonlikheid jou die mooiste laat voel.

Dit is goed om mooi te lyk, maar dit is nie altyd al wat saak maak nie. Kies die regte uitrusting en jy sal voortreflik voel en dit sal jou selfvertroue n hupstoot gee. Om dit te verkry moet jy 'n gesonde lewe. Dit kos nie altyd baie om goed te lyk nie. 'n Gebalanseerde dieët en n bietjie oefening elke dag sal die ding doen. As jy 'n bietjie plomp is moet jy die regte klere en kleure kies wat by jou figuur pas. Vroue met n vol figuur moet horisontale strepe vermy. Probeer jou uiterste om altyd positief te wees en die beste in ales te sien. 'n Mens se persoonlikheid tel baie. Jy hoef ook nie kaste vol klere te hê om elke dag goed te lyk nie. Pas verskillende stukke bymekaar om dit weer anders te laat lyk.

So al het jy ook nie die modelfiguur wat almal wil he nie, hoop ek dat my rubrieke 'n bietjie verandering in jou lewe gemaak het.

Baie dankie

Wednesday 18 September 2013

Verhalende skryfstuk

Eerste 'n figuur van n stoelpatat, nou lyk dit asof ek n dwelmslaaf is.

My ma het geweet dat ek van kleins af n slag vir hoogmode het. Sy het altyd gesê dat ek n model sou word. Ek was altyd 'n plomp, vet kind. Dit was nie van wat ek geëet of nie geëet het nie., dit was maar net my liggaamsbou.

Ek was omtrend tien-jaar-oud toe ek in 'n mode kompetiesie wou deelneem. Ek was nie toegelaat om deel te neem nie, want ek was te vet. Ek moet se, ek was die mooiste aangetrek van al die meisies, my rok was so wit soos sneeu. My styl vir mode was fatsoenlik en uitstekend, maar my figuur het gemaak dat ek nie goed genoeg vir die modelwêreld was nie.

Nee wat, dit het my nie afgedruk nie. Ek het net meer en meer ywerig oor modes gevoel. Ek het die klere na my figuur aangepas. Almal wou weet waar ek my klere koop, maar ek was te streng om my geheime te deel. Ek het toe begin om al my vriende "make-overs" te gee en raad oor hoe om klere bymekaar te pas. dit het later my passie geword.

Vandag studeer ek onderwys, maar ek verkyk my nog steeds aan hoe snaaks baie mense aantrek. Styl en figuur sal maar altyd my swakheid wees.

Tot volgende week...

Wednesday 4 September 2013

Verskriklike modes.

Vandag se mense is baie oor nuwe modes. Dit is nie net vrouens nie, maar ook mans. Die meeste modes wat jy kry is vir maer mense.

Jy kry sêkere vroumense wat nie weet hulle is vet nie. So in hulle gedagtes kan hulle enige klêre dra en goed daarin lyk. Wel, dus nie waar nie, sommige vrouens lyk belaglik in modes wat hulle nie pas nie. Hoe laat jy vrouens soos daai verstaan dat enige iets nie enige lyf pas nie?, want in ''haar'' verstand lyk sy goed. Kan dit wees dat sy goed oor haar liggaam voel en nie 'n stuk omgee wat ander dink nie of het sy net nie n styl van mode nie? Hierdie kort rokkies wat ek toppies noem gaan beslis nie saam 'n ''tights'' vir vol figuur vrouens nie. Dit wil nie sê jy hoef outyds aan te trek om goed te lyk nie. Daar is nou sulke pragtige klêre vir voller figure, modieus en stylvol.

Tot volgende keer...

Tuesday 27 August 2013

Persoonlike Skryfstuk.

In my blog gaan ek julle inlig oor dames figure en modes wat gepaard gaan met elke figuur. Lesers mag kommentaar lewer oor die rubrieke wat hulle lees. Ek is seker hulle sal baie opgewonder wees oor die trant wat ek hulle wil wys. Hoe dit gepas en gedra word.

Nommers van klere is nie meer dieselfde nie. As jou grotte 'n dertig was, kom jy net vat en dit sou pas. Vandat negentig persent van klere nou in China gemaak word is die grotte verander. Jy moet pastot dit pas. In elke skryfstuk sal ek die verskillende tiepe figure beklemtoon en verduidelik hoe aankoppies te doen volgens jou figuur.

Persoonlikis ek gek oor mode, maar soms dra die klere selfs vir my.

Tot volgende keer.